TUISBLAD TINI VORSTER - Laerskool Tini Vorster

LAERSKOOL
TINI VORSTER
15 Joubertstraat, Nigel
Title
Go to content

Ons Tema vir 2020: Ps 37:5 "Laat jou lewe aan die Here oor en vertrou op Hom"

ONS  BEHEERLIGGAAM

Finansiële bestuur van die skool.
Die beheerliggaam aanvaar die verantwoordelikheid vir die finansiële bestuur van die skool en die generering van fondse om vir alle uitgawes van die skool, buiten die salarisse van die personeel op die departementeel goedgekeurde diensstaat, te betaal.
Beheerliggaamslede
Agter:
Johan Aucamp(tesourier)
Johan Louwrens(personeellid)
Lorraine Rudman(personeellid)
Francois Deysel (geboue en terrein)
Eunice van Aswegen(sekretaresse)
Hansie van Wyk(voertuie)
Voor:
Bennie Holm'ner(hoof)
Johan Duvenhage(voorsitter)
Colette Barnes(onder-voorsitter)
MEER OOR ONS:

Laerskool Tini Vorster is sentraal geleë in Nigel en maklik bereikbaar vir ouers en kinders in Nigel omgewing.

Leerders se veiligheid is van kardinale belang en daarom is daar CCTV kameras in alle klaskamers sowel as speelgronde en alle hekke.

Laerskool Tini Vorster beskik oor toegewyde personeel wat betrokke is by elke leerling. Persoonlike aangedag word aan elke leerling se prestasie en probleme gegee. Die onderwysers is die room van die onderwyskorps en hulle stabiliteit verseker die beste resultate vir die skool. Hier word vrienskappe oor die jare opgebou tussen kinders, ouers en personeel.


Laerskool Tini Vorster sal U kind op akademiese gebied die beste grondslag gee. Spesiale aandag word gegee aan remediërend onderwys. Ons beskik ook oor n klas vir leerders met Spesiale Onderwys Behoeftes. Die Mediasentrum beskik oor al die moderne hulpmiddels.

Ons beskik oor n Rekenaarsentrum waar elke leerder gratis rekenaaropleiding ontvang.
Ons leerlinge blink uit op alle sportgebiede. Voldoende fasiliteite en die beste afrigting is tot hulle beskikking.

Die leerlinge speel aktief skaak en neem deel aan opvoerings en kunswedstryde. Die skoolkoor, spreekkoor, revuegroep en slagorkes het al bekendheid verwerf.


Ek strewe na die:

Voortbestaan, behoud en identiteit van ons volk se Afrikaans,Christelike Kultuur deur Geloof, Hoop en Liefde prakties uit te leef.
Om in alle opsigte getrou te wees aan die Laerskool Tini Vorster.
Reinheid ten opsigte van my werk, persoon, gedagtes en gedrag sodat ons deel kan wees van 'n opgevoede gemeenskap.

Erekode

Ons glo in God, die Vader
Ons glo dat ons 'n lewenstaak het, getrou moet wees en ons plig moet doen.
Ons glo in diens aan ons skool, gemeenskap, land en volk.
Ons glo aan ons leuse: Saamstaan en bou.
Ons glo in eerlikheid, hulpvaardigheid en vriendelikheid.
Ons glo dat ons gedagtes, woorde en dade rein moet wees.
Ons glo daarin om ons moedertaal suiwer te hou.
Ons glo dat ons ons ouers, meerderes en medemens moet eer.
Ons glo daarin dat ons moet waak teen vervlakking en liberalisme.
Ons glo: Met ons land en met ons nasie sal dit wel wees God Regeer!
SKOOLLIED
Waar ruimtes roep en grasland vry
oor Hoëveldse vlaktes sprei;
staan Tini Vorster Laerskool-
van hoë strewe 'n simbool:
Getrouheid, reinheid, hoop, geloof-
dit rig ons hart, dit lei ons hoof!
Ons min die skone, want dit is
n kosbaar, lieflik erfenis.

Soos Karee wat wind en weer
met taai volharding kan trotseer,
staan ons ook vas, gewortel in
'n Vaderland wat ons bemin.
Ons sal steeds saamstaan: kragtig, trou,
eendragtig aan ons toekoms bou.
Ons sal nie vrees nie, want ons glo
dat God ons rig en lei van bo.
Refrein:
Swaai hoog die vaandel, want ons dra
die toekoms van Suid-Afrika
in hande klein, wat werk en bou
in harte rein, vol liefde en trou.
En as jy om'n offer vra,
dan sê ons: “Ja, Suid-Afrika!"
Ons Vossies is BAIE trots op ons Beheerliggaam Voorsitter wat voorwaar 'n man is met vele talente!!
Baie geluk Johan Duvenhage en jou mede orkeslede met hierdie SKITTERENDE prestasie!!
Back to content